Cyril nie juis die gewildste nie…

Opposisiepartye en die burgerlike samelewing het hulle ongelukkigheid uitgespreek met President Cyril Ramaphosa se gebrek aan leierskap. Media in die buurland berig die toenemend gruwelike misdade wat onder Ramaphosa se neus plaasvind, ‘n verswakkende ekonomie, mislukte staatsinstellings en die Phala Phala-skandaal dra onder andere by tot hierdie ontevredenheid. Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die president plaas die ANC se belange bo dié van die land. Die African Transformation Movement se president, Vuyo Zungula, sê die rede vir die wetteloosheid in die land is die feit dat Ramaphosa by misdadigheid betrek word, maar nie gestraf word nie.