Handré Pollard speel dalk vir die Britse en Ierse Leeus

Rugby: Die Springbok-losskakel Handré Pollard kan dalk beskikbaar wees vir die Britse en Ierse Leeus se toer in Suid-Afrika. Sy afrigter by Montpellier, Philippe Saint-Andre, het onthul dat Pollard in die komende weke weer sal kan begin speel. Hy was byna sewe maande lank op die krukkelys na ‘n knie-besering. Saint-Andre sê Pollard oefen hard en doen alles in sy vermoë om fiks te word. Die Leeus kom in Julie na Suid-Afrika vir ‘n toer van agt wedstryde. Die laaste van die drie toetse word op 7 Augustus gespeel.