Nuwe malaria-entstof lyk effektief

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Oxford in Brittanje sê ‘n malaria-entstof is in vroeë proewe 77 persent effektief en kan ‘n groot deurbraak teen die siekte wees.Nuusagentskappe berig malaria neem jaarliks meer as 400-duisend lewens, meestal kinders in Afrika suid van die Sahara.Volgens die navorsers kan die entstof ‘n groot impak op gesondheid hê.