ANC skors Carl Niehaus

Die ANC het Carl Niehaus met onmiddellike effek geskors. Hy was uMkhonto we Sizwe se militêre veterane-vereniging se woordvoerder en ‘n bondgenoot van oudpresident Jacob Zuma en die geskorste ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule. Waarnemende sekretaris-generaal Jessie Duarte het hom in ‘n brief ingelig dat dissiplinêre stappe teen hom oorweeg word. Professor Dirk Kotze, Suid-Afrikaanse politieke analis, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.