Handelskamer vra ingryping in buurland se chaos

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid doen ‘n beroep op die ingryping in die veiligheidskrisis in die Suid-Afrikaanse streek. Die Kamer sê as dit onopgelos gelaat word, dit ernstige ekonomiese en maatskaplike gevolge sal hê. Die uitvoerende hoof, Charity Mwiya, sê die burgerlike onrus kan lei tot ‘n invloei van immigrante na buurlande en vertragings in die vervoer van voedsel en noodsaaklike items. Die oproer kan ook lei tot ‘n styging in inflasie. Mwiya praat met Kosmos 94.1 Nuus.