HAN: Weerstoestande kniehalter reisigersJuly 11, 2023
Die weerstoestande regoor Namibië en Suid-Afrika het ‘n erge impak op die toerismebedryf. In die Noord-Kaap was onlangs vloede wat die pad by die Vyfmylpoort naby die Vioolsdrif-grenspos na Namibië weggespoel het en reisigers nie grensposte kon deurkruis nie. Vlugte by Walvisbaai is weens die erge stofstorms vertraag, asook vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng weens ‘n opeenhoping van ys op die vliegtuie se vlerke as gevolg van die uiters koue toestande en sneeu. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die gasvryheidsvereniging van Namibië het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…