HAN ontsteld oor rooftogte op toeriste

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië is geskok oor die onlangse gewapende rooftog en inbraak by die Tiger Reef-kampeerterrein op Swakopmund. Volgens Nampol is ‘n Switserse man glo deur gewapende mans met ‘n vuurwapen aangehou en van goedere ter waarde van meer as 55 000 Namibiese dollar beroof. Op dieselfde dag het verdagtes glo by ‘n karavaanvenster van ‘n 48-jarige Suid-Afrikaanse man ingebreek en items van sowat 80 000 Namibiese dollar gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem en geen gesteelde goedere is teruggevind nie. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar moet tydens die feesseisoen op veiligheid gefokus word.