Agterstand van DNS-toetse in Wes-Kaap verklein

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, Reagen Allen, sê ‘n onlangse besoek aan die provinsiale polisie se forensiese laboratorium toon die agterstand in DNS-toetse word geleidelik kleiner. In Augustus vanjaar was die agterstand 25 290 en teen verlede maand was dit 15 259. Allen het wetenskaplikes by die laboratorium aangemoedig om vinnig te werk aan die oorblywende agterstand sodat hulle nie sekondêre trauma vir misdaadslagoffers veroorsaak nie.