Hamunyela steur hom nie aan Nudo-aantygings nie

Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Diens, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela het uitgevaar teen Nudo wat sy kommer uitgespreek oor die gebrek aan diversiteit wat op die kortlys van kandidate vir die diens se werwingsprogram vertoon is. Nudo se sekretaris-generaal Joseph Kauandenge beweer dat meer as 97 persent van die kortlys-kandidate van een etniese groep in Namibië is. Hamunyela sê hy steur hom nie aan bewerings op sosiale media nie.