Tweede versterkdosis vir Covid nog nie onder oorweging nie

Die Namibiese gesondheidsministerie sê hy het nog nie begin met die toediening van ‘n tweede aanvullende dosis of versterker Covid-spuit nie. Die hoof van die Covid-taakspan in die land, Petronella Masabane sê die situasie word fyn dopgehou. Altesaam 126 nuwe gevalle is uit 659 toetsuitslae in 11 streke aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 19,1 persent verteenwoordig. Volgens Masabane sal ‘n besluit eers gemaak word wanneer daar wetenskaplike bewyse oor ‘n vierde dosis beskikbaar is. Sy voeg by daar is genoeg voorraad van Covid-entstowwe met meer as 20 000 dosisse van Sinopharm, net minder as 19 000 AstraZeneca spuite en net minder as 3 800 Johnson en Johnson spuite.