Hamilton se baas nie beïndruk nie

Die Hoof van die Mercedes-span, Toto Wolff, sê hy is teleurgesteld met span se vertoning in die Monaco Grand Prix. Lewis Hamilton het sewende geëindig terwyl sy spanmaat, Valtteri Bottas, hom halfpad deur die wedren daaraan moes onttrek toe die werktuigkundiges in die kuipe nie die regterwiel van sy motor kon loskry nie.