Laer huurkostes help nie veel nie – kos, brandstof te duur

Huishoudings in Namibië verkeer onder erge druk en ekonome meen daar sal nie binnekort verligting in die verband wees nie. Volgens Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad het die daling in die koste van huur nie veel verligting gebring met die skerp styging in voedselpryse en vervoerkostes nie.