Hamilton kwalifiseer nie vir Saoedi wedren nie

Lewis Hamilton is uit vandag se Grand Prix in Saoedi-Arabië na sy swakste kwalifiserende rondtes sedert die Grand Prix in Brasilië in 2017 toe hy gebots het. Kenners meen Mercedes se probleme is nou op die spits gedryf. Dit is die eerste keer dat die Brit uitgeskakel is weens enjinprobleme sedert Silverstone in 2009. Sergio Perez het die voorste wegspringplek vir die Red Bull-span ingeneem. Die wedren gaan voort ondanks ‘n missielaanval Vrydag naby die baan in Jeddah.