Windhoek Stadspolisie-hoof: Gemeenskappe en polisie werk saam

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime sê verhoudings tussen die gemeenskap en die polisie het verbeter. Dit volg ná twee inbrekers in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is. Hulle het by ‘n restaurant en ‘n ateljee ingebreek, hulself aan die inhoud daar gehelp en gasbottels en elektronika gesteel. Die alarm het afgegaan en die eienaar van een van die winkels gewaarsku, wat die Stadspolisie laat weet het. Die Staspolisie-beamptes het vinnig gereageer en die verdagtes in die winkel gevind, maar een verdagte het daarin geslaag om te ontsnap, maar hy is bekend aan die polisie. Kanime sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is die afgelope paar maande besig met hul gemeenskapspolisie-strategie.