Vandag kan ons al die tjoklits eet wat ons wil

Dit is vandag Internasionale Sjokoladedag. Die wêreld se eerste Sjokoladedag is in 2009 gevier. Dit vind op 7 Julie plaas omdat dit waarskynlik die dag was waarop sjokolade in 1550 in Europa bekend gestel is. ‘n Bekende Kaapstadse sjokolademaker, Sandra O’Connell van House of Chocolates, sê die dag laat die wêreld se sjokolade-liefhebbers toe om hulle gunstelinghappie sonder enige gewetenskwelling te geniet. Sy sê sjokoliste moet seker maak hulle kry die beste gehalte sjokolade: