Hage het voor Job oor veterinêre kordonheining gepraat

Die Windhoekse burgemeester en leier van Affirmative Repositioning, dr. Job Amupanda het talle Namibiërs warm onder die kraag ná hy vir die verwydering van die veterinêre kordonheining eis. Hy is egter nie die eerste een wat vir die verwydering van die sogenaamde Rooilyn vra nie. Tydens ‘n onderhoud met die Namibiese President Hage Geingob in 2018 het hy ook vir die verwydering van die Rooilyn gevra en gesê dit verdeel die land.