SA: Saai vaar uit oor Artikel 25 van Grondwet

Die Suid-Afrikaanse landbou-organisasie Saai sê die ANC se jongste stap om die hele eiendomsklousule, Artikel 25 van die Grondwet, te verander, is nie werklik ‘n verrassing nie. Die ANC en die EFF het saamgestem om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, maar ook vir grond wat onder staatstoesig is. Theo de Jager van Saai sê die ANC was nooit eerlik in sy poging om die Grondwet te wysig nie, net soos wat hy nooit eerlik was om teen staatskaping en korrupsie op te tree nie.