Karate-ster Parys toe om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer

Namibië se medalje-hoop by die 2021 Tokio Olimpiese Spele word beter en beter met meer atlete wat kwalifiseer. Een wat sy droom vir die Olimpiese Spele wil vervul is die jong karate-ster van Swakopmund, Kiano Stuurman. Kiano will na Parys in Frankryk reis om aan ‘n pre-kwalifiseringstoernooi deel te neem. The Dome in Swakkopmund se skakelbeampte, Sugnet Smit, sê hulle is baie opgewonde en deel Kiano se droom. Swakopmund se burgemeestersfonds borg sy reis- en verblyfkoste.

Smit doen ‘n beroep op Namibiërs om te help om vir Kiano sakgeld vir sy reis in te samel.