Hage bly! – PLAN-veterane

Die Plan-veterane het President Hage Geingob verdedig en volgens berigte lede van die opposisie gewaarsku dat hy nie uit sy amp verwyder sal word nie. Die President van die Namibiese Nasionale Vryheidsveterane Vereniging Ben Shikongo sê Geingob sal oor hulle dooie liggame verwyder moet word. Hy is van mening dat leiers en ouderlinge herhaaldelik beledig word en dat die gedrag onmiddellik gestaak moet word. Hy het bygevoeg dat die regering moet oorweeg om ook veterane voordele aan die kinders van oorlede veterane moet betaal.