Verslag is ingedien – gesondheid

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid dring daarop aan dat hy wel sy verslag oor sy besteding van 727 miljoen Namibiese doller noodbegroting vir Covid aan die Kantoor van die Ouditeur-Generaal oorhandig het. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê hy het niks ontvang nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe het reeds in Februarie aangekondig dat sy verslag oor die besteding, sowel as ‘n ekstra toelaag van 50 miljoen doller, voltooi is. Plaaslike media berig dat Kandjeke se kantoor nie bewus is van enige verslag in die verband nie maar dat hy intussen sy eie verslag oor noodbesteding in verband met die Covid-reaksie voorberei het.