Beslagleggings op plantvoedsels wat as vleis gemerk is, begin in SA

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement se voedelveiligheids-agentskap begin vandag om plantgebaseerde produkte wat as vleis gemerk is, van die rakke te verwyder. Die departement sê plantgebaseerde voedselprodusente moet die name van produkte wat na vleis verwys, verander om verwarring onder kliënte te voorkom. Die dreigende beslaglegging sal lei tot merkbare verliese in die sektor. Die Raad op Verbruikersgoedere van Suid-Afrika het intussen ‘n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Johannesburg gebring om die beslaglegging op vleisvervangende produkte te keer.