Haaivin-smokkelaar vas in die Kaap

Die Kaapstadse Metropolisie het ‘n 49-jarige verdagte in verband met die besit van haaivinne in hegtenis geneem tydens ‘n gesamentlike optrede met die polisie van Milnerton. Geregsdienaars het afgekom op 450 gedroogde vinne en ander gestroopte mariene-spesies. Hulle het ook beslag gelê op ‘n half miljoen Suid-Afrikaanse rand in kontant. Haaivinne word dikwels ter see afgekap en die haai lewend in die water teruggegooi. Die vinne is baie geld werd, veral in Asië waar haaivin-sop ‘n gesogte gereg is.