Daar is ‘n suurstof uitdaging

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr. Kalumbi Shangula, sê daar is tans ‘n uitdaging met die voorsiening van suurstof veral in die hoofstad weens ’n toename in die aantal pasiënte wat suurstof benodig. Volgens Shangula is die verskaffer opdrag gegee om die stelsel op te gradeer. Hy het aan plaaslike media gesê pasiënte wat ernstig siek is weens Covid vinniger sterf na hulle gehospitaliseer is. Daar is volgens hom tans druk op hoërsorg-eenhede om aan die vraag te voldoen. Die jongste syfers dui aan dat daar tans 60 pasiënte in hoësorg behandel word. Die nasionale besettingskoers vir beddens in isolasie en hoësorg is rondom 35 persent maar die koers staan reeds op 85 persent in die Khomas-streek. Shangula sê die syfer is net so hoog in die private sektor.