H7-voëlgriep: Daar is plaaslik nie rede tot kommer nie
Daar is ‘n paar gevalle van H7-voëlgriep in Suid-Afrika aangemeld wat kommer wek. Namibië voer pluimvee-produkte van die buurland in maar, volgens die hoof van die landbouministerie se veeartseny-departement, dr. Albertina Shilongo, is daar nie rede tot kommer nie. Shilongo sê invoere word net toegelaat uit voëlgriep-vrye kompartemente in die buurland.