Bulle speel in pienk vir Borskankermaand

Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd tussen die Bulle en die Haaie wat vir Februarie beplan is, is vervroeg na die 30ste van hierdie maand. Die Pretoriase span het die verskuiwing ten bate van Borskankerbewusmakingsmaand versoek. Die gashere sal ook pienk truie op Loftus Versfeld aantrek vir hul vennootskap ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika en PinkDrive. SuperSport berig die Sondag-wedstryd sal ‘n karnaval-atmosfeer hê, met die bedrywighede wat reeds om nege-uur die oggend begin.