Guwisa: Britse monargie moet afgeskaf word

Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika sê koningin Elizabeth se dood behoort die einde van die Britse ryk en monargie aan te dui. Die standpunt volg op verskeie hutsmerke op sosiale media wat vra vir die afskaffing van die monargie. Giwusa se woordvoerder, Mametlwe Sebei, sê die monargie is gewortel in die nalatenskap van koloniale plundering, onderdrukking, geweld en rassisme.