Egipite hou Afrika en Midde-Oosterse Sahara-ekspo

Egipte se minister van landbou en grondherwinning, Elsayed Elkosayer, het die Internasionale Uitstalling vir Landbou en Voedsel vir Afrika en die Midde-Oosterse Sahara-ekspo geopen. Altesaam 170 spesialis-landboumaatskappye uit 20 lande neem aan die vier daagse ekspo deel wat by die Egiptiese Internasionale Uitstalling-sentrum in Nieu-Kaïro plaasvind. Volgens Elkosayer beklemtoon die ekspo die belangrikheid van selfvoorsiening met basiese landbougewasse en die verhoging van uitvoer-geleenthede.