Guterres verwerp anneksasie van Oekraïnse streke deur Rusland

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het Rusland gewaarsku dat enige besluit om voort te gaan met die anneksasie van vier Oekraïnse streke geen wettige waarde sal hê nie en veroordeel moet word. Rusland se president, Vladimir Putin, hou vandag ‘n ondertekening-seremonie waar die anneksasie van Donetsk, Luhansk, Kherson en Zaporizhzhia volgens hom bekragtig word.