Guptas is steeds in aanhouding in die VAE

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola sê Rajesh en Atul Gupta is steeds in aanhouding in die Verenigde Arabiese Emirate. In antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering sê hy dit is nog nie duidelik hoe gou die uitlewering afgehandel sal word nie. Lamola het bevestig die amptelike uitleweringsaansoek, tesame met die Arabiese vertaling daarvan, is op 25 Julie aan die Sentrale Owerheid in die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Hy sê die uitleweringsverrigtinge duur voort. Die broers word gesoek vir hul beweerde rol in staatskaping.