Bokke speel op Sydney se nuwe stadion

Rugby: Saterdag se Rugby-kampioenskapstoets tussen Suid-Afrika en Australië sal die eerste internasionale byeenkoms op Sydney se nuwe stadion wees. Die Wallabie-afrigter, Dave Rennie, behou sy beginspan wat die Springbokke verlede naweek in Adelaide geklop het. Die gashere is op soek na ‘n tweede agtereenvolgende oorwinning oor die besoekers, maar Rennie sê hulle is deeglik bewus van hoe uitdagend die gewonde Bokke sal wees.