Gupta-broers in hegtenis geneem
Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste sê hy het inligting van wetstoepassingsowerhede in die Verenigde Arabiese Emirate ontvang, dat die voortvlugtiges Rajesh en Atul Gupta in hegtenis geneem is. Die broers word gesoek in verband met die Nulane Investment-bedrog- en geldwasserysaak van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat in September in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein voortgesit word. Departementswoordvoerder, Chrispin Phiri, sê meer inligting word nog ingewin: