Guiness-rekord vir vlerkseil opgestel

Die internasionaal-erkende Suid-Afrikaanse spreker en Guinness-wêreldrekordhouer, Chris Bertish, het ‘n Vlerkseil-projek oor die Stille Oseaan voltooi en die vorige rekord verbeter vir die langste afstand wat alleen en sonder ondersteuning met ‘n vlerkseil afgelê is. Bertish het by die Aloha-dokke van die Hawaiise seiljagklub in Honolulu aangekom na die vaart van 3 968 kilometer. Die doelwit van die projek is om bewustheid te skep oor klimaatsverandering en klimaatsoptrede, asook om mense se kennis te verbreed deur oseaan-bewaring en -opvoeding.