DA aan verpleegkundiges se kant

Die DA in Gauteng sê hy het simpatie met verpleegkundiges se frustrasie wat veroorsaak het dat lede van die vakbond Denosa gister opgeruk het na premier David Makhura se kantoor. Die DA sê verpleegkundiges het rede om gegrief te voel oor swak werksomstandighede en ‘n tekort aan personeel, wat ongekende druk op hulle plaas terwyl hulle die ruggraat van ‘n ordentlike gesondheidstelsel is. Die DA-lid, Jack Bloom, sê daar is vakatures wat nie gevul is nie, en baie pas-gekwalifiseerde verpleegkundiges is werkloos nadat hulle hul gemeenskapsdiens voltooi het: