Grasdak-hut-kleuterskool by Rundu vra om hulp

Die Innocentia Likoro Kleuterskool is die enigste kleuterskool in die Makuvi-nedersetting, sowat 140 km oos van Rundu. Die meeste ouers is egter huiwerig om hul kinders daarheen te stuur weens die vervalle toestand van die grasdak-hutstruktuur. Die eenvertrek-kleuterskool is verlede jaar deur ouers gebou vir hul kinders. Alhoewel die leerders onderrig word in ‘n tradisionele struktuur, benodig hulle ‘n volledig gemeubileerde klaskamer, weens die toename in die aantal leerders en om hulle teen die reën te beskerm. Hulle doen ‘n beroep op die publiek om te help met sinkplate en ander boumateriaal. ‘n Onderwyser van die kleuterskool, Eusebius Kudumo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kleuterskool maak voorsiening vir 24 kinders.