Grootste pienk diamant in 300 jaar in Angola gevind

Mynwerkers in Angola het ‘n skaars pienk diamant uitgegrawe wat vermoedelik die grootste is wat in 300 jaar gevind is. Die Australiese terrein-operateur het aangekondig die diamant van 170 karaat, wat Lulo Rose gedoop is, is ontdek in die Lulo-myn in die land se diamantryke noordooste. Die Lucapa Diamantmaatskappy sê die knewel is beslis een van die grootste pienk diamante wat nog ooit ontdek is. Die Lulo-myn het reeds die twee grootste diamante ooit in Angola opgelewer, insluitend ‘n helder diamant van 404 karaat.