Federale Reserwebank in VSA stoot weer rentekoers op

Amerika se Federale Reserweraad het rentekoerse vir die tweede agtereenvolgende keer met 0,75-persentasiepunte verhoog om inflasie te bekamp. Die styging verhoog die raad se koste om geld te leen tot tussen 2,25- en 2,5-persent ná die vierde rentekoersverhoging vanjaar. Die raad se voorsitter, Jerome Powell, sê inflasie bly hoog wat dui op vraag-en-aanbod-wanbalanse wat verband hou met die Covid-19-pandemie, hoër voedsel- en energiepryse, asook ander pryse wat onder druk is: