Eskom, op sy knieë gedwing, onderhandel om krag aan te koop

Eskom het bevestig hy voer gesprekke om krag vanaf Botswana in te voer. Die maatskappy praat tans met ‘n kragonderneming in die land oor die moontlikheid van ingevoerde kragtoevoer. Volgens ‘n woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, is die kommersiële prys en kwantum die onderwerpe van die onderhandelinge:

Eskom was op sy tyd die grootste en top-kragverskaffer op die vasteland, maar jare se korrupsie en staatskaping het die maatskappy lamgelê.