Grootste diamant-herwinningsvaartuig kom in Kaapstad aan

Die wêreld se grootste diamant-herwinningsvaartuig het in Kaapstad aangekom ná ‘n nooiensvaart van vier weke uit Mangalië in Roemenië. Dit sal in die Moederstad toegerus word voordat dit vroeg volgende jaar met ontginning aan die Namibiese kus begin. ‘n Woordvoerder van De Beers Marine, Michael Curtis, sê die aflewering voltooi die skeepsboufase van ‘n mylpaalprojek wat meer as drie jaar gelede begin het. Die vaartuig sal onderwater-tegnieke gebruik om diamante uit die seebodem te onttrek.