Jason Rohde gaan in tronk wag vir uitspraak van Konstitusionele Hof

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde sal agter tralies bly totdat die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor sy aansoek om appèl. Die gewese Johannesburgse eiendomsmagnaat het sy vrou, Susan, in 2016 in hulle hotelkamer in die Kaapse Wynland verwurg. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Rohde se regsverteenwoordiger het hulle in kennis gestel hy gaan nie voort met sy aansoek om te appelleer teen die weiering van borgtog terwyl hy op die Konstitusionele Hof se uitspraak wag nie. Rohde het Saterdag begin om sy vonnis van 15 jaar uit te dien.