Vermeende goudsmokkelaar kry borgtog

Die Khutsong landdroshof in Gauteng het borgtog van 10 duisend rand toegestaan aan ‘n 43-jarige beskuldigde wat aangekla word van die onwettige handel en besit van goud. Die Valke en die polisie se provinsiale narkotika-span het die vermeende goudsmokkelaar, Mendo Millicent Zulu, in Khutsong wes van Johannesburg vasgetrek. Die Valke se woordvoerder, Ndivhuwo Mulamu, sê die polisie het inligting ontvang oor onwettige goud en dwelms wat na bewering van Mosambiek na Suid-Afrika vervoer word.