Grootfontein: goewerneur sê skuldiges sal betaal

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek het gereageer op die ouditeur-generaal Junias Kandjeke wat weer ‘n nadelige ouditopinie aan die Grootfontein munisipaliteit gegee het vir die 2018-2019 finansiële jaar. Volgens Kandjeke is daar talle kwessies wat kommer wek wat 9 miljoen dollar, waarvoor daar geen verantwoording gedoen kan word nie, insluit. Die goewerneur, James Uerikua, sê stappe sal geneem word teen enige amptenaar wat die wet oortree.