Drie vas vir die dokter van drankies in Britse nagklubs

Die Britse polisie sê die drie mans wat gearresteer is in verband met vroue se drankies wat gedokter is, word nie verbind met talle voorvalle in dié land waar naalde gebruik is nie. Tientalle vroue het die afgelope weke berig dat hulle siek en bewusteloos geword het ná aanvalle met naalde in stede soos Nottingham, Liverpool, Cardiff, Manchester, Leeds en Newcastle. Britse media berig een van die verdagtes, ‘n 35-jarige man, is aangekeer onder verdenking van dwelmbesit en dat hy dit teen ander wou gebruik. Die ander verdagtes is 18 en 19 jaar oud.