Grootfontein-boerin weer vandag in die hof

Daar word verwag dat die besluit van die aanklaer-generaal in verband met die skietdood van die 31-jarige plaaswerker Sakaria Kaandje, vandag bekend sal wees. Die boerin wat daarvan beskuldig word dat sy hom geskiet het, die 65-jarige Marieta Wilhelm, sal weer vandag in die Grootfontein-landdroshof verskyn. Haar saak is op 18 Augustus vir verdere ondersoek en die aanklaer-generaal se besluit, tot vandag toe uitgestel. Sy is op 16 Maart vanjaar in hegtenis geneem na die dood van Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur haar aangetref is. Wilhelm het op 5 April deur middel van ‘n formele borgaansoek, borg van 10 000 Namibiese dollar ontvang.