Kenner sê oor Ekandjo wat Swapo hof toe wil sleep

Pas nadat Namibiërs gehoor het dat die verdedigingsminister Frans Kapofi as kandidaat vir Swapo se vise-president onttrek het, het Swapo-veteraan Jerry Ekandjo met regstappe teen die party gedreig indien hy nie as ‘n kandidaat vir die vise-president ingesluit word nie. Ekandjo het gesê die aanvaarding van kabinetsministers Tom Alweendo en Kapofi in die wedloop om vise-president, terwyl hulle nie een dag as sentrale komiteelede gedien het nie, het party-reëls oortree. Ekandjo het derde gekom in die verkiesing vir manlike vise-presidentskandidate, naas omgewingsminister Pohamba Shifeta en Kapofi. Politieke analis, dr. Phanuel Kaapama, sê die Namibiese regstelsel is van die beste en enige iemand, Ekandjo ingesluit, kan die hof benader.