Somber vooruitsigte vir wêreldwye ekonomiese groei

KPMG voorspel somber vooruitsigte vir wêreldwye ekonomiese groei-vooruitskattings. Die maatskappy sê sommige van die hoofredes hiervoor is die toenemende geopolitiese onsekerheid en die versnelling van inflasie. Die globale organisasie voorspel nou groei in die bruto binnelandse produk van 1,9 persent vir 2023 teenoor die 2,7 persent in 2022. Die verslag waarsku inflasie plaas druk op huishoudings se finansies en sakeondernemings se marges, wat daartoe lei dat sentrale banke die monetêre beleid aggressief inperk. KPMG stel die inperking van monetêre beleid voor om inflasie te bekamp.