Groot verskuiwing in plaaslike olie-eksplorasie  

Daar is interessante verwikkeling in aflandige olie-eksplorasie in Namibië. Die Australiese Pancontinental, wat reeds 11 jaar die PEL-37-lisensie het, gaan dit nie hernu wanneer dit nou tot ‘n einde kom nie. Die gebied, aflandig in die Walvis-bekken, 450 kilometer suid van Angola, is destyds saam met Paragon Investments van Lazarus Jacobs en Desmond Amunyela bekom maar, Paragon het 10 persent van sy aandeel aan Pancontinental verkoop vir 2 miljoen Amerikaanse dollar. Pancontinental sal volgens berigte nou sy fokus verskuif na sy PEL-87-lisensie ook aflandig maar in die Oranje-bekken. Die gebied is langs die gebied waar beide Shell en TotalEnergies onlangs miljarde vate se oliebronne bevestig het.