Britse Hoë Kommissaris gesels oor koningin se begrafnis

Die aankondiging dat President Hage Geingob koningin Elizabeth se begrafnis in Londen sal bywoon, lok groot kritiek uit, veral as gevolg van die ekonomiese druk wat die land ervaar. Geingob is amptelik deur die Britse Hoë Kommissaris Charles Moore vanoggend genooi. Namibië is een van die 56 lidlande van die Statebond. Moore het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê meer as 140 wêreldleiers sal die geleentheid bywoon.

Maar Moore sal nie die begrafnis bywoon nie en sal dit vanaf Windhoek volg.