Hubble val aarde toe, SpaceX help, Nasa se geld is min

Die Hubble-ruimteteleskoop is besig om terug te val aarde toe en aangesien Nasa se begroting knap is, het SpaceX aangebied om te help om dit terug te stoot die ruimte in. Die GoodNewsNetwork berig Hubble is reeds vir ‘n lang tyd in ‘n wentelbaan om die aarde en val voortdurend stadig terug in die atmosfeer. Die teleskoop is reeds voorheen in sy wentelbaan teruggehelp. Hubble kan steeds waardevolle wetenskaplike data bydra terwyl sy broer, die James Webb Ruimteteleskoop, besig is. Nasa sê Hubble het steeds baie groot waarde as ‘n navorsingsbate.