Dis chaos in Liz Truss se regering

Brittanje se minister van binnelandse sake, Suella Braverman het bedank. Sy sê sy moet gaan nadat sy regeringsreëls oortree het, maar dat sy kommer het oor die rigting van premier Liz Truss se regering. Braverman is die tweede senior minister wat die regering binne minder as ‘n week verlaat. Braverman se vertrek plaas nog meer druk op Truss terwyl sy veg om aan bewind te bly net meer as ses weke nadat sy Downingstraat 10 betree het. Braverman sê sy het ‘n amptelike dokument uit haar persoonlike e-pos aan ‘n parlementêre kollega gestuur en bygevoeg dat dit ‘n tegniese oortreding van die reëls is. Intussen is daar berigte van afknouery van LP’s van haar party om hulle te dwing om vir ‘n nuwe hidrobreking wet te stem. Die leier van die opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, sê Truss moet gaan.