Groot suksesse vir kabeldiefstaleenheid in Tshwane

Die Stad Tshwane sê die Tshwane Metropolisie se kabeldiefstaleenheid tel spoed op in die stryd teen kabeldiefstal. Tien-miljoen-rand is in die 2022/2023-begroting aan die eenheid toegeken om hulle verder te bekwaam met tegnologie en gereedskap om die stryd teen kabeldiefstal ‘n hupstoot te gee. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê die georganiseerde misdaadsindikate wat by kabeldiefstal betrokke is, het baie hulpbronne, daarom moet die eenheid ook die nodige hulpbronne hê om tred te hou met hulle: